Description
Hierdie unieke rivierfront-eiendom in die rustige Vluytjeskraal-Noord omgewing van Orania bied n seldsame geleentheid om direk op die oewer van die Oranjerivier te woon, met asemrowende uitsigte en uitstaande ontwikkelingspotensiaal. Die hoofwoning bestaan uit 2 slaapkamers en 2 badkamers waarvan een en suite is, met skuifdeure wat vanuit die slaapkamers en leefarea na buite oopmaak en die natuurlike omgewing deel maak van die leefruimte. Die oopplan-leefarea word aangevul deur n netjiese, moderne kombuis, terwyl lugverkoeling in die sitkamer vir ekstra gerief sorg. Die huis is gebou met magnesiumoksiedmure en beskik oor n gesoleerde chromadek dak, wat uitstekende temperatuurbeheer verseker. n 10kVA battery en 5kW inverterstelsel is reeds genstalleer. n Groot addisionele struktuur wat tans as skou kkamer gebruik word bied besonderse veelsydigheid en kan maklik omskep word in n ruim onthaalarea, werksruimte of selfs addisionele verblyf deur middel van verdere ontwikkeling.
Op die eiendom is daar ook twee aparte, selfstandige woonstelleelk met 2 slaapkamers, 1 badkamer, n leefarea en kombuisie. Beide eenhede is toegerus met n 5kVA battery en inverterstelsel, en bied uitstekende potensiaal vir gasteverblyf of huurinkomste. Die erf is funksioneel en goed ontwikkel met gevestigde terrasse oor drie vlakke: die boonste vlak huisves die geboue, die middelvlak bied ruimte vir tuinbou en verdere ontwikkeling, en die onderste vlak strek tot by die rivier self. n Vrugteboord met verskeie bome, besproeiingstelsel en n netjiese staaltunnel bied geleenthede vir selfonderhoudende leefstyl of landbou-aktiwiteite. Direkte rivier toegang word beklemtoon deur n soliede klipjetty wat ongeveer 5 meter die rivier instrekideaal vir ontspanning en om die unieke ligging ten volle te benut. Daar is voldoende onderdak parkering vir minstens drie voertuie of karavane, met addisionele oop parkeerplek beskikbaar. Hierdie eiendom bied n besonderse kombinasie van ligging, ruimte en potensiaalperfek vir n groot familie, n gastehuis-ontwikkeling of iemand wat n rustige leefstyl op die oewer van die Oranjerivier soek.
Lenings kan bekom word by OSK bank. Voornemende kopers moet Orania Verblyfreg kry. Orania is ''n aandeleblokskema. Volg die muis na jou nuwe huis! Kontak Huis Muis eiendomme vandag nog en geniet ''n persoonlike besigtiging van hierdie fantastiese eiendom. Ons kan jou ook help met finansiering of enige ander eiendomsverwante navrae. Moenie hierdie uitsonderlike geleentheid misloop nie! Skakel ons nou dadelik. Huis Muis Eiendomme: Bevoegdheid, Ervaring, Uitnemendheid.
Photo Gallery