Description
Ideale 3 Slaapkamer gesins huis te koop in Kleinfontein Afrikaner Kultuurgemeenskap. Hierdie eiendom beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, oopplan leefarea, eetkamer en kombuis. Daar is ''n enkel motorhuis met ''n skadunet afdak, asook ''n ingeboude braai onder die afdak. Daar is ''n buite stoortjie om tuingereedskap in te stoor. Daar is sonkrag stelsel vir warm water asook onderafdak plek vir waskamer. DIe eiendom is omhein en het ''n pragtige tuin. Hier kan jy en jou gesin in rustigheid leef tussen mede Afrikaners, weg van die stad se gedruis
Kleinfontein is ''n Afrikaner kultuurgemeenskap, gelee ongeveer 20km uit Pretoria Oos en 7 km vanaf Rayton. Dit maak dit sentraal naby aan dorpe en stede waar jy al die nodige kan kry, en steeds tussen jou eie volks mense bly in ''n uiters rustige omgewing. Kleinfontein is ''n aandeleblokskema en voornemende kopers moet ''n induksie program bywoon en verblyfreg kry. Volg die muis na jou nuwe huis! Kontak Huis Muis eiendomme vandag nog en geniet ''n persoonlike besigtiging van hierdie fantastiese eiendom. Huis Muis Eiendomme bied ''n unieke eenstop-eiendomsopsie, met verkope, verhuring en kommersile eiendomme in Pretoria, Groter Gauteng, Cullinan, Rayton en Bronkhorstspruit en Kleinfontein. Ons kan jou ook help met finansiering of enige ander eiendomsverwante navrae. Moenie hierdie uitsonderlike geleentheid misloop nie! Skakel ons vandag nog.Huis Muis Eiendomme: Bevoegdheid, Ervaring, Uitnemendheid.
Photo Gallery